4-13 Julie 2019

R140 – R160

‘A Whole New World’ vir oud en jonk

Julie maand bring die vervaardigers van ‘Cinderella’ en ‘Beauty and the Beast, ’n splinternuwe vertoning na die Atterbury Teater. Die produksie beloof om soos vorige jare die gehoor te vermaak. Die produksie van Aladdin spog met 45 jong akteurs wat gehore sal bekoor met hulle diverse talent.

Die alombekende verhaal van Aladdin kry natuurlik ‘n paar unieke kinkels in die kabel, wat so eie is aan O.A.K. Jeug Teater se produksies. Aladdin, vertolk deur Miguel de Sampaio, kan net nie vrede maak met sy gemiddelde leefstyl nie en droom van ’n lewe van weelde en rykdom. Na sy paaie kruis met die pragtige Prinses Jasmin, Eldirè Strauss, word hy in die tronk gegooi. In ruil vir sy vrylating, probeer die slu Zahar, die koning se adviseur, Aladdin oorreed om ’n lamp uit die Grot van Wonders op te spoor.  Hierdie ekspedisie sal Aladdin se lewe aangrypend verander.

Die 2018 gehoor gunsteling, Matthew Otto, (Gaston in ‘Beauty and the Beast’) keer weer terug na die verhoog in 2019, om die rol van die energieke Genie te vertolk.

Die verskeidenheid van komtemporêre pop musiek asook die klassieke Disney liedjies beloof om Aladdin ‘n vermaaklike produksie te maak vir oud en jonk om te geniet. Voorkom teleurstelling en bepreek jou kaartjies nou by iTickets.co.za.

Aladdin sal vir ’n beperkte seisoen op die planke wees by die Atterbury Teater vanaf 4 – 13 Julie 2019. Vertonings is van af Maandae tot Saterdae. Vrydae en Saterdae het ook middag vertonings om 15h00.

Vir verder inligting volg ons gerus op ons facebook blad, instagram of gaan kuier by ons webwerf: oakyt.co.za!

 

4 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
4 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
5 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
5 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
5 Julie 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater
6 Julie 2019, 11:00 – 13:00 Atterburyteater

6 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
6 Julie 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater
8 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
9 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
10 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
11 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
11 Julie 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater
12 Julie 2019, 10:00 – 12:00 Atterburyteater
12 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
12 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
12 Julie 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater

13 Julie 2019, 11:00 – 13:00 Atterburyteater
13 Julie 2019, 15:00 – 17:00 Atterburyteater
13 Julie 2019, 20:00 – 22:00 Atterburyteater