10 September 2019, 20:00 – 21:00

R160

’n Non kry nooit vakansie nie – slegs kort welwillendheid verlof as daar ’n familie krisis is. Maar Suster Magdalene, ’n katolieke non in haar vyftigs, staan by ’n kruispad oor haar lewenskeuse. Sy moet net wegkom om te gaan dink. Iewers ver, waar niemand haar kan vind of beinvloed nie.

Sy bewimpel ’n wegbreek en bevind haarself in vreemde omgewing, ’n vreemde wêreld, wat aanbeweeg het sedert sy as ’n 18jarige Afrikaanse Protestante meisie ,die roeping gevoel het om haar lewe te wy aan haar geloof. Haar krisis is nie haar geloof nie, haar krisis is vele ander aspekte van haar lewe.

Op ’n obskure eiland, ontmoet sy ’n man wat besig is om ’n strandkroeg te bou. Jonk, astrant, ’n eks branderplankryer wat opsoek is na die ewige vakansie. Hy doen hom voor as iemand wie hy nie is nie. Hy is totaal die antitese van wat sy is. Diè is nie die verhaal wat jy verwag nie.

’n Rits verrassings, kinkels en draaie, humor, patos en magiese momente wag op die gehoor. Dis slim, warmhartig en vermaaklik. Suster Magdalene word gespeel deur multi bekroonde LIZZ MEIRING wat vanjaar 35 jaar in die bedryf vier. Die rol van Manuel, die man op die eiland, word vertolk deur akteur Wynand van Vollenstee (ook tans te sien as die gewilde “Gielie “ in die tv reeks “Ouboet en Wors.”) .

Legendariese akteur en regisseur Gert van Niekerk behartig die regie. Die nuutgeskrewe teks is deur Lizz Meiring.

Kunstenaars: Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee

10 September 2019, 20:00 – 21:00 Atterburyteater