13 September 2019, 19:00 – 21:30
14 September 2019, 20:00 – 21:30

R200 – R220

Next Generation 4, is in 2014 deur die artistieke direkteur van Kmad Dance Company, Kelsey Middleton, gestig met die strewe om jong, belowende choreograwe die geleentheid te bied om met professionele dansers te werk.

Next Generation 4 bied met trots op 13 & 14 September by die Atterbury Teater ’n produksie aan met choreograwe Wayne Bester, Justone du Plessis, Mieke Prinsloo, Celia van Tonder, Monique Laurence en Mari-Claire van Heerden. Die dansers wat optree sluit in ervare dansers, Nelmari Bornman, Celia van Tonder, Hardy Keeve, Monique Laurence en nuwelinge Wayne Bester, Justone du Plessis en Penny Wolhuter.

Hierdie is ’n geslag vol rou, skeppend talent en bowenal eindelose passie. Moenie die geleentheid mis om Kontemporêre dans op sy beste te ervaar nie.

Kunstenaars: Kmad Dance Company

13 September 2019, 19:00 – 21:30 Atterburyteater
14 September 2019, 20:00 – 21:30
 Atterburyteater