Hy is terug in sy gunstelingvertrek: sy garderobe of klerekas en hy nooi jou uit om hierdie Sondag weer saam met hom te kuier.

Hy gesels oor verlore reise, nuwe geleenthede, gestorwe moontlikhede en nuwe realiteite.

Inspirerend, insiggewend, altyd vars!

Hy nooi ook ’n paar opwindende gaste, vriende en kollegas.
Elkeen gesels saam uit sy of haar eie klerekas.

Wie kuier saam?
Aktrise Sandra Prinsloo
Pianis Charl du Plessis
Sangeres Corlea Botha
Feeshoof Alexa Strachan
Hartebreker Reynardt Hugo

Bederf jouself, jou geliefde of natuurlik… jou wonderlike moeder met hierdie perfekte Moedersdaggeskenk.

VAN MY KAS NA JOU KAS

is vanaf Sondag 10 Mei om 08:00 beskikbaar by

www.optog.co.za

Slegs R50 per kaartjie.
Van sy kas na jou kas…kuier saam net wanneer dit jou pas!
Alle e-konserte is moontlik gemaak deur King Price & Atterbury Trust