7 Mei 2018, 19:00 – 20:30

R200

Nog ’n reeks van die Nataniël Tafel op KykNET is verby, maar gelukkig kom Nataniël weer hierdie jaar na die Atterbury Teater vir sy reeks Seisoenkombuise.

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan Nataniël letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak.

Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – hou dit in ’n lêer vir volgende jaar!

Die eerste seisoenkombuis vir 2018 vind op 7 Mei plaas met “Herfskombuis”.

Bespreek jou plekke betyds, want almal wil Nataniël “live” agter die kospotte sien!

7 Mei 2018, 19:00 – 20:30 Atterburyteater