5 Mei 2018, 11:00 – 12:15

R250

Vir byna 20 jaar tree Nataniël reeds as spreker op, hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Nou, vir die eerste keer, bied hy een van sy praatjies op die teaterverhoog aan. Hy vertel stories, brei uit oor die Kaalkop-filosofie, praat oor die plek van die individu in ’n gebroke samelewing, verduidelik sy liefde vir etiket, die afgryse van sosiale media, die waarde van kennis deel, elkeen se behoefte aan ’n spreekbeurt, gesondheid wat in die kop begin en ’n unieke oog wat lei tot ’n unieke lewe. Dít alles is die dryfkrag agter sy optredes, ook hierdie leefstyl-oggend. As die tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord. ’n Plesierige en unieke ervaring.

Hoop, inspirasie, nugterheid, fantasie, skok, vertroosting, nuwe idees, alles in 75 minute!

Kaalkopwinkel beskikbaar in die foyer.

Kroeg, koffie en tee beskikbaar.

Bespreek by COMPUTICKET.

5 Mei 2018, 11:00 – 12:15 Atterburyteater