8 Junie 2019, 11:00 – 12:30

R250

Vir meer as 20 jaar tree Nataniel reeds as spreker op, hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Die afgelope jaar bied hy sy praatjies in teaters aan met groot sukses. Hy vertel stories, vermaak en verras, hy gesels oor kommer en oorlewing, prestasie en twyfel, opstandigheid en oorgawe. Indien tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS is ’n unieke ervaring.

Kaalkopwinkel in die foyer.

Geen kinders onder15.

 

8 Junie 2019, 11:00 – 12:30 Atterburyteater