18 Augustus 2019, 15:00 – 16:30
18 Augustus 2019, 18:00 – 19:30

R150 – R170

Regisseur: Etienne Fourie (bekend vir sy films Die Windpomp; Dis koue kos, skat; en Liewe Kersfeesvader) Met Melt Sieberhagen – bekend vir sy stand-up komedie, nou vir die eerste keer in jare op die verhoog as ’n karakter – en Albert Pretorius (Fynskrif, Die Spreeus, Nêrens Noord-Kaap).

Ondersteun deur Innibos Nasionale Kunstefees, NATi en Brand Incorporated. Stel gebou deur: Clip-Lok SimPak South-Africa (Pty) Ltd. Hans Gouws – in sy dertigs, ’n veiligheidswag – spandeer sy agtste Paasnaweek in ’n ry aan diens by We Crate You Up Storage Solutions. Alleen. Alleen pla nie vir Hans nie – sê hy altyd. Terwyl Hans gemaklik met die winkelpop in die hoek gesels, voel dit vir Hans asof hy alles reeds uitge-figure het. Hy het sy keuses gemaak en vrede gemaak daarmee.

Hy is, volgens hom, gelukkig en tevrede. Niks en niemand pla vir Hans nie. Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man. Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens tot hy dit gekry het nie. Nagskofkliek probeer verstaan hoe dit moet wees om ’n koppie tee te drink saam met die weergawe van jouself wat jy nog altyd gedink het jy wil wees en wat gebeur as jy nie meer vir jouself kan jok nie.

Wees versigtig waarvoor jy wens. Dit word dalk net waar.

Kunstenaars: Melt Sieberhagen & Albert Pretorius

18 Augustus 2019, 15:00 – 16:30 Atterburyteater
18 Augustus 2019, 18:00 – 19:30
 Atterburyteater