6 November 2018, 20:00 – 21:00

R130 – R150

Mavis Kellerman, ’n weduwee wat haarself afgesluit het vir die wêreld, behalwe vir haar kommunikasie per e-pos met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang eendag ’n uitnodiging in die pos vir die opening van ’n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis, is ’n eksentrieke jongkêrel met ’n ewige romantiese siel.

Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te oorwin en bevind haarself aan die ontvangkant van ’n vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ’n reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie is dat sy en Mike ’n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het.

’n Romantiese komedie met ’n knop in die keel.

Kunstenaars: Wilson Dunster en Elize Cawood

6 November 2018, 20:00 – 21:00 Atterburyteater