27 November – 2 Desember 2018

R250 – R270

’n Teken, ’n boodskap, ’n vermoede, ’n spreekwoord, ’n skok, ’n onthulling, dis hoe lewens verander word, ten goede of ten duurste. Van die vroegste wonderwerke, legendes en mites tot die nuutste uitvindsels of internetvullis, die grootste deel van die mensdom leef oorweldig deur vrese, giere, moegheid of histerie.

In ’n tyd van die jaar wat tradisioneel geassossieer word met feesvier en inspirasie, bekyk Nataniël hierdie sosiale verskynsel wat beide verlam, verras en vernuwe.

MESSENGER is ’n versameling nuwe verhale, in Engels en Afrikaans, oorspronklike komposisies, ook tydlose musiek voorheen gesing deur kunstenaars soos Tom Jones, Amy Winehouse en B.B. King, ook ’n asemrowende garderobe uit die werkswinkel van ontwerper Floris Louw. Skreeusnaaks, fantasties, nostalgies, spinternuut, ’n fees vir die fynproewer!

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en sanger Nicolaas Swart.

Geen onder 15’s nie.

27 November 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

28 November 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

29 November 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

30 November 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

1 Desember 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

2 Desember 2018, 15:00 – 16:30 Atterburyteater