22 November 2018, 20:00 – 22:00

R140 – R180

Mel Botes, meester van die kitaar tree op 21 November by die Atterbury teater op met ’n splinternuwe vertoning “Poets, Wine and Song”. Hy neem ons op ’n reis van herinneringe van ou liedjies van sy gunsteling liedjieskrywers soos Leonard Cohen, Cat Stevens, Neil Young ,Mark Knopfler, David Gilmour, Roger Waters en Rodriguez vertolk deur die stem, oë en gevoel van Mel Botes.

Word ook weggevoer met ’n seleksie van sy oorspronklike musiek van sy albums David’s Confession-About Time, Flight of Bird en die nuwe River Symphony. Mel vertel ook hoe woorde in liedjies ontwikkel het en waarom dit so ’n buitengewone impak op hom en baie ander gehad het.

Hy deel die verhoog met uitstekende musikante soos Hansie Roodt (kitaar), Stephen Aiken (Klavier en saksofoon), Travis Johnston (dromme), Charles Geer(baskitaar), Ninquja en Tanja Storm (agtergrond koor). Mel Botes het gekies om getrou te bly aan sy missie om deur grootse, oorspronklike konsep-vertonings en ’n versameling van wonderlike teater produksies hulde te bring aan verskeie digter/liedjieskrywers en legendes in die musiek wêreld.

Kunstenaars: Mel Botes, Hansie Roodt, Stephen Aiken, Travis Johnston, Charles Geer, Ninquja en Tanja Storm

22 November 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater