30 Junie 2019, 13:30 – 15:00
30 Junie 2019, 16:00 – 17:30

R160 – R180

Mathys en Dana neem jou saam op ’n bittersoet storiereis wat jou soms sal laat lag en soms verdrietig sal maak. Nes die lewe maar is. ’n Splinternuwe produksie met musiek en woord saamgesnoer.

“Dit is wonderlik hoe sekere musiek en bepaalde stories mekaar aantrek,” se Mathys. “Ek sing byvoorbeeld Gert Vlok Nel se Hillside Lullaby. Dit het Dana dadelik herinner aan ’n storie oor ’n swanger kroegmeisie wat hy geskryf het. Op ’n manier praat die liedjie en die storie met mekaar.” Een van die liedjies wat Mathys sing, Nardus du Plooy se In My Lewe, het ook ’n spesiale betekenis vir Dana. Nardus het jare gelede die liedjie gesing op die begrafnis van ’n vriend van hul albei.

Die vriend het sy eie lewe geneem. In my Lewe is ’n soort getuigskrif vir al ons middelklaskinders wat in die suburbs en op die platteland grootgeword het,” se Dana. “Party van my stories, dink ek in alle nederigheid, doen dieselfde. Om te weet wie jy is, glo ek, jy moet weet waar jy vandaan kom. En hoe kan ’n mens dit beter ontdek as met behulp van musiek en stories?”. “Omtrent elke liedjie wat ek sing, vertel ’n storie,” se Mathys. “Dit is asof ek en Dana die hele tyd in gesprek is met mekaar.”

Mathys vertel ook van sy vriendskap met Lucas Maree en dit het weer vir Dana herinner aan ’n storie wat Lucas vertel het van hoe sy ouma op ’n Sondagmiddag wou wegloop van Prieska af. “My ma wou ook soms wegloop van die platteland af,” se Dana. “Ek het ’n storie oor sulke vrouens om te vertel.”Beide van hulle is baie opgewonde oor die produksie. “Is intelligente musiek en stories nie op die ou end al wat ons het om mekaar en die lewe se dieper dinge te verstaan nie?” vra hulle.

Kunstenaars: Mathys Roets en Dana Snyman

 

30 Junie 2019, 13:30 – 15:00 Atterburyteater
30 Junie 2019, 16:00 – 17:30
 Atterburyteater