7 September 2018, 10:00 – 11:30
8 September 2018, 10:00 – 11:30

R100 – R120

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels het kort voor haar dood verlede jaar ’n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf. Lefra Produksies toer reeds die afgelope vyf jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies. Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om ’n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf.  So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – LIEWE HEKSIE EN DIE TUINDWERGIE.

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ’n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê “en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen. En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom! Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”

Voor pouse word LIEWE HEKSIE EN BOTTERBLOM opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.

Vervaardig deur Lefra Produksies..

7 September 2018, 10:00 – 11:30 Atterburyteater
8 September 2018, 10:00 – 11:30
Atterburyteater