18 Julie 2019, 19:00 – 20:30

R150

Lente My…

’n Koos-konsert oor die Liefde se Seisoene

Jacques Brell, Toon Hermans, Herman Kleynhans, Leonard Cohen, Bob Dylan, Al’astair, Koos du Plessis en Koos van der Merwe se liedjies oor die liefde.

Een vertoning. Agt skeppende genieë. Sestien liedjies. Sewentig minute. Koos sing legendariese kunstenaars se diepste, mooiste en mees onvergeetlike liedjies oor die liefde. Beleef musiek oor Seisoene van betowering en beneweling, omhelsing en versoeking, ontnugtering en skeiding.

Sprokie vir ’n Stadskind. Lente My. Dans my na die Liefde toe. Vir Megan. Marieke. Katoen. Vergeet My nie My Soetelief… Die een lied wil meer meesleurend wees as die volgende.

’n Splinternuwe konsert. ’n Baie ou gevoel. Kom beleef dit.

Verkorte CV:

Dr. Koos van der Merwe, bekroonde liedskrywer, digter, filosoof, predikant, woordkunstenaar asook rubriekskrywer vir vrouetydskrifte o.a. Sarie en Finesse.

As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop, met treffers soos “Houtkruis” uit sy pen. Sy vernuftig en meesterlik akkurate vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werke in die taal van sy hart – Afrikaans, word hoog deur Afrikaanse liefhebbers aangeskryf met die Album ‘Leonard Cohen in Afrikaans’ wat reeds binne die eerste jaar GOUD STATUS bereik het. Meer onlangs het Koos 2 solo albums vrygestel: ‘Droom Martha Droom’ oasook ‘Vlugplek’. Koos tree landswyd met vertonings op wat temas soos die liefde, seerkry, drome, menslike verganklikheid en broosheid aanspreek.

Koos is tans die leierleraar van Eden Gemeente, ’n onafhanklike gemeenskapskerk in George. Hy is ’n digter met vier gepubliseerde digbundels: Optelwoorde, Pelgrimverse, Rympies in die vliet (in die vorm van ’n joernaal) en sy nuutste Nagverse, geïlistreer deur sy dogter Claudi van der Merwe.

In 2018 het Sarie Tydskrif ook ’n bundel saamgestel genaamd ‘Sielskos’ uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se “Laaste sê” rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vernoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

 

18 Julie 2019, 19:00 – 20:30 Atterburyteater