17 Oktober 2018, 20:00 – 21:30

R140 – R160

Hierdie is geen gewone Koos Kombuis konsert nie! Kom geniet ’n rustige en gesellige aand saam met Koos soos julle hom nog nooit voorheen ervaar het nie… hierdie is Koos se BLOU AAND!

’n Vertoning van liedjies, stories, voorlesings, en poësie. Koos se twee nuwe Afrikaanse publikasies vir die jaar 2018 word bekendgestel.

Kinders welkom.

Boeke en CD’s sal te koop wees.

17 Oktober 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater