18 Mei, 20:00 – 21:30
19 Mei
, 20:00 – 21:30
20 Mei, 15:00 – 16:30
20 Mei
, 20:00 – 21:30
21 Mei
, 15:00 – 16:30

R150 – R175

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul… 

Die verhoogproduksie van P.G. du Plessis se geliefde verhale open by die US Woordfees, waarna speelvakke by die KKNK, Bellville Burgersentrum en Atterbury teater (Pretoria) volg.

Sandra Prinsloo, wat ook die regie van du Plessis se Sophia Mentz beredder haar boedel en Teerling behartig het, is die regisseur.

Du Plessis se bekende verhale speel af in ’n kleindorpse omgewing. Dis ’n vorige era, maar soos tipies aan al sy werk, is die karakters en hulle probleme tydloos. Ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die karakters. Onderliggend bly egter die deernis. Dis volksteater, vol lag en bietjie traan.

18 Mei, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater

19 Mei, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater

20 Mei, 15:00 – 16:30 – Atterburyteater

20 Mei, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater

21 Mei, 15:00 – 16:30 – Atterburyteater