11 Desember 2018, 20:00 – 21:30

13 Desember 2018, 20:00 – 21:30

R220 – R240

Die jaar staan alweer op sy kop en soos oudergewoonte is twee van ons gunstelinge terug op die Atterbury teater verhoog met ’n nuwe produksie, spesiaal vir die feesgety!

Jannie en Corlea staan nie net bekend as twee van die grootste stemme in ons industrie nie, maar ook vir die wonderlike manier waarop hulle elke gehoor meevoer.

In “Kersfees stories”, hoor ons verhale van wyd en suid, so kleurvol soos die liggies om die boom gestring.

Hulle deel spesiale gedigte, elkeen spesifiek gekies soos handgemaakte ornamente, en hang dit plek-plek om ons gedagtes te versier.

Die musiek is die kern van die reis – van outydse, tot hedendaagse treffers, sal elkeen uniek en mooi getooi wees soos die geskenke onder die boom.

Kom geniet hierdie splinternuwe vertoning – dis die perfekte manier om die feesseisoen te betree!

11 Desember 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

13 Desember 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater