Kaleidoskoop is ‘n musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer….’n broodnodige boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en vele, akoestiese instrumente oa. banjo, trekklavier en ukulele, neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul selfgeskrewe Afrikaanse musiek – asook verwerkte weergawes van gewilde Engelse liedjies van bekende kunstenaars – anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk…kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop! Kaleidoskoop het in 2012 – met hul tweede album “Vars Uitgekerf” – die Tempo-toekenning gewen vir Beste Kontemporêre Album Hulle is ook benoem vir beste nuweling en beste kontemporêre album by die Ghoema’s in 2013. Vanjaar is hulle musiekvideo van Roadtrip benoem vir ‘n Ghoema vir beste musiekvideo.

Atterburyteater: 21 Augustus, 20:0021:30