6 Maart 2020, 20:00 – 21:30

R150

Johann Scheppel gaan slegs een ’n eklusiewe produksie aanbied met classics van André Rieu, The Eagles, Game of Thrones en The Greatest Showman tot energieke weergawes van Queen, The Beatles en ACDC. ’n Aand met die beste classics en rock met ’n ongelooflike orkes, viool- en kitaar solos.

Johann het al op baie lokale verhoë opgetree van Innibos, Aardklop, Randlords,die Staatsteater en Lositiland tot internasionale verhoë van Duitsland tot Abu Dhabi. Ook vir prinse en president van verskeie lande saam met kunstenaars soos Sir Rick Wakeman, Jethro Butow, Themba Mkize, Richard Cock, Jakkie Louw en Guiseppe Lampieri.

Min violiste beskik oor die vermoë om soveel style en genres te vertolk. Met so ’n ensemble van top Suid Afrikaanse musikante gaan dit verseker ’n onvergeetlike aand wees.

Kunstenaars: Johann Scheppel and his orchestra

 

6 Maart 2020, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater