13 November 2018, 20:00 – 21:30

R150 – R180

Met musiekstyle en – tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan.

Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree  te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR – al die liedjies uit Jannie se pen.

Die album is verwerk deur die briljante Clinton Zerf en sal bekendgestel word tydens twee spesiale vertonings by Mothership Studios in Philadelphia in die Wes-Kaap op Sondag 11 November en by die Atterbury Teater in Pretoria op Dinsdag 13 November 2018.

Hy word begelei deur sy top-ensemble: Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier/trekklavier) en Theuns Botha (perkussie).

13 November 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater