25 Februarie 2018, 17:00 – 18:30

R150

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2002 het sy musiek begin aftrek kry en in 2004 het sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, verskyn. Sedertdien het Jan verskeie albums die lig laat sien wat groot treffers opgelewer het. Jan het verskeie toekennings vir sy werk ontvang , soos in 2005 drie GMT-Toekennings vir ‘Album van die Jaar’, ‘Liedjie van die Jaar’ vir Breyten se brief en ‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys, asook verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings, SAMA Toekennings en Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings.

Jan Blohm is spitsvondig en selfs satiries, met komiese stekies wat mildelik uitgedeel word.

25 Februarie 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater