Van films, tot digkuns en beeldende kunste, Atterbury is behoorlik betrokke by die Cool Capital 2014 biennale. Die Atterburyteater gaan deel van die filmfees aanbied; en restaurante en geboue in Atterbury se eiendomsportefeulje word gebruik vir die Capital Poetry Project, met Atterbury Trust se Zahn Hulme aan die hoof as die programdirekteur.

“Afrikaanse, Engelse en Sepedi digters het opdrag gekry om nuwe digkuns te skep en hierdie gedigte sal gedurende die biennale op geboue geprojekteer word en ook gedruk word op plekmatjies vir restaurante. Die digkunsprojek integreer lekker met Atterbury se bestaande infrastruktuur,” sê Zahn.

“Daar was ook ‘n digkompetisie in samewerking met NERDAfrica, wat jong digters aangemoedig het om nuwe gedigte te skryf oor hul ervaring in die hoofstad.”

Volgens Carla Taljaard van Cool Capital is daar ‘n totaal van 15 gedigte gekies vir die plekmatjies, en vanaf 29 Augustus sal hierdie openbare digkuns by Lynnwood Bridge en The Club in gebruik wees.

Ook op die spyskaart is die Capital Poetry Marathon wat by twee boekwinkels gehou gaan word, die eerste by Protea Boekwinkel op 29 Augustus, vanaf 13h00 tot 17h00. Die tweede een gebeur by Graffiti in Atterbury se eie Lynnwood Bridge sentrum op 12 September. By elkeen sal 16 digters twee van hul eie gedigte voorlees, asook een van ‘n ander digter van wie hulle baie hou. “Plek is beperk, so enigiemand wat belangstel om te kom luister, moet asseblief net kontak maak met Alwyn Roux,” sê Carla Taljaard. Alwyn kan bereik word by [email protected] of 082 5955596.

Verder verskyn Beeld Dinsdag 26 Augustus met ‘n omvattende bylae oor alles wat die Cool Capital biennale betref, vertel Carla. En vir die duur van die biennale sal die nuutste inligting oor wat, waar en wanneer altyd op die webwerf beskikbaar wees. www.coolcapital.co.za

ATTERBURY SE BIENNALE HOOGTEPUNTE

Wat: CAPITAL POETRY PROJECT

Wanneer: Vir die duur van die biennale – 29 Aug tot 16 Sept

Waar: The Club 2 en Lynnwood Bridge restaurante

Koste: Gratis

Kontakpersoon: Zahn Hulme [email protected] 012 471 1600

Wat om te verwag: Besoek enige restaurant by The Club en Lynnwood Bridge en kry ‘n plekmatjie met pragtige dgkuns oor die hoofstad.

Beskrywing: Digkuns is ‘n belangrike deel van die kuns en kan ons ervaring van die stad beinvloed. Gedigte word gedruk op plekmatjies vir gebruik by restaurante en gaste kan dit saamvat huistoe.

Wat: COOL CAPITAL 2014 BIENNALE OPENING & OPENINGSPARTYTJIE

Wanneer: Vrydag 29 Augustus, 17h00 – 00h00

Waar: Open Window School of Visual Communication, Southdowns, Irene

Koste: R195 pp, R100 pp onder 20. Kaartjies beskikbaar by www.openwindow.co.za en www.pnptickets.co.za .

Kontakpersoon: [email protected]

Wat om te verwag: Kos en drankstalletjies sal deur die loop van die dag beskikbaar wees. Parkering is beperk, so ry saam en kom vroeg. Vir logistieke reëlings, sien die Facebook-blad.

Beskrywing: Kom geniet ‘n verskeidenheid van musiekoptredes deur Bittereinder, Tidal Waves, DJ Elque en prysdigter MoAfrika ‘a Mokgathi. Daar sal ook filmvertonings en ‘n beeldhouwerk-uitstalling wees.

Wat: CAPITAL POETRY MARATHON

Wanneer: Vrydag 29 Augustus, 13h00 – 17h00

Waar: Protea Boekwinkel, Burnettstraat 1067, Hatfield. Veilige onderdakparkering beskikbaar by Hatfield Plaza

Koste: R50pp, maksimum 50 plekke beskikbaar, bevestig by [email protected]

Kontakpersoon: Alwyn Roux [email protected] of 082 5955596.

Wat om te verwag: Sestien digters lees digkuns voor.

Beskrywing: A digters-podium met ‘n aantal digters van Pretoria. ‘n Oopmikrofoon element is deel van die program. Sien Facebook vir meer inligting.

 

Wat: THE FRENCH GARDEN

Wanneer: Maandag 8 September 2014

Waar: Atterbury Teater, Lynnwood Bridge

Koste: R80 – R100pp; kaartjies by Computicket of Atterbury Teater 012 471 1700

Kontakpersoon: Pluto Panoussis, [email protected]; [email protected]

Wat om te verwag: Franse klassieke musiekstukke vir stem, klavier en film

Beskrywing: ‘n Konsert van ongewone Franse musiekwerke vir sopraan, klavier en film met musiek deur oa. Debussy, Fauré, Messaien, Massener en Satie. Die sopraan Melissa Gerber word begelei op die klavier deur Misha Meyer. Saam met die musiek wys betowerende visuele materiaal wat deur die Open Window School of Visual Arts geskep is – die kurator is Pluto Panoussis.

 

Wat: CAPITAL POETRY MARATHON

Wanneer: Vrydag 12 September, 18h00

Waar: Graffiti Boekwinkel, Lynnwood Bridge. Parkering by die Lynnwood Bridge sentrum.

Koste: R50 pp, kaartjies by die deur beskikbaar, bespreek asseblief vooraf.

Kontakpersoon: Alwyn Roux [email protected] of 082 5955596.

Wat om te verwag: Sestien digters lees van hul eie en ander digters se werk voor.

Beskrywing: Sestien uitgekose digters lees elk twee van hul eie gedigte en een van ‘n ander digter van hul keuse. Sien Facebook vir meer details.

 

Wat: DIE ATTERBURY KULTURELE FILMFEES – PORTRAITS OF PRETORIA

Wanneer: Maandag 22 September, 18h00, Dinsdag 23 September 20h00

Waar: Atterbury Teater, Lynnwood Bridge

Koste: R40pp, kaartjies by die deur of deur www.openwindow.co.za

Kontakpersoon: Pluto Panoussis, [email protected]; [email protected]

Wat om te verwag: ‘n Versameling oudio-visuele vignettes met Pretoria as die tema.

Beskrywing: Portraits of Pretoria plaas die hoofstad in die kollig. Dit bestaan uit ‘n seleksie van kort films deur studente en jong asook professionele filmmakers rondom die tema van mense wat hier woon, die geboue waarin hul woon, en die lewens wat hulle in Pretoria lei. Werk deur Sovereign Films, die TUT Filmprogram en OW School of Film Arts, asook ‘n oudiovisuele installasie deur UP Argitektuurstudente in die foyer.

 

Wat: DIE ATTERBURY KULTURELE FILMFEES – METROPOLAR

Wanneer: Maandag 22 September, 20h00, Woensdag 24 September 18h00

Waar: Atterbury Teater, Lynnwood Bridge

Koste: R40pp, kaartjies by die deur of deur www.openwindow.co.za

Kontakpersoon: Pluto Panoussis, [email protected]; [email protected]

Wat om te verwag: ‘n Film- musiek- en voordrag-ervaring

Beskrywing: ‘n Pretoriase oudio-visuele kunstenaar span saam met ‘n Johannesburgse voordragkunstenaar en ondersoek die dinamika en die spanninge tipies aan die lewe van kunstenaars wat woon en kuns skep in die moderne Suid-Afrikaanse metropool. Met Modise Sekgothe en Jotam Schoeman

 

Wat: ATTERBURY & COOL CAPITAL HOëRSKOOLKUNSPROJEK

Wanneer: Vrydag 3 Oktober tot Donderdag 16 November

Waar: Deelnemende hoërskole regoor die stad. Lys van deelnemende skole. Besoek coolcapital.co.za vir meer inligting.

Koste: Gratis

Kontakpersoon: Debbie Cloete, [email protected]

Wat om te verwag: Twintig hoërskole regoor die stad skep kunsinstallasies op hul skoolgronde.

 

Wat: FLOKKULASIE, TEATERPRODUKSIE

Wanneer: 8 Oktober, regdeur die dag

Waar: Atterbury Teater, Lynnwood Bridge

Koste: R40 – R80: verskillende pryse vir verskillende produksies, kaartjies by die deur beskikbaar.

Kontakpersoon: Ursula Foster, [email protected]

Wat om te verwag: ‘n Verskeidenheid dramaproduksies, van drama en komedie tot eksperimentele teater.

Beskrywing: ‘n Versameling teaterproduksies deur Pretoriase teatergroepe, onder andere Menlo Park se Blou Teater Produksie en die Universiteit van Pretoria se Grahamstadfeesproduksie.