29 November 2019, 20:00 – 22:00

R150 – R180

Wat meer kan kan oor Tom Petty gesê word? Rebel, rock n’ roller, 80’s superster , romantikus, hartebreker, Blues man en folk troubadour. Petty het geweier om aan plate etikette en neigings te voldoen, en getrou gebly aan sy musikale visie vir meer as 30 jaar! Sy ontydige dood in 2017 het hernude belangstelling in sy musiek ontketen, ook onder selfoon- behepte milleniums .

Blood Brothers bied met trots aan Full Moon Fever, ’n reis deur Petty se musiek met ’n paar verrassings ! Van Suid Afrika se beste musikante sal eer betoon aan sy lewe en musiek op die enigste wyse wat hulle ken nl. “rocking out”

Daar sal vier vertonings wees van 22 – 30 Nov. in Gauteng.

In hierdie vertonings sal optree: Jonathan Tait (Hatchetman, Checkpoint Charlie) en Basson Laushcer (Zinkplaat, Valiant Swart, Ryno Velvet) op kitaar and stem. Jason Hinch (Bok van Blerk, Black Cat Bones, Jonathan Peyper) op dromme en Jaco Mans (Bok van Blerk, Tidal Waves) op baskitaar en die ritme seksie , met Francois Viljoen (The Voice) op klawerbord en agtergrond stemme .’n Spesiale verrassing is die gaskunstenaar Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie).

Hierdie Petty bewonderaars sal ’n seleksie van Tom Petty se treffers en saamsing gunstelinge aanbied , meer as wat die gehoor ooit kan verwag !

Kunstenaars: Jonathan Tait, Basson Laushcer, Jason Hinch, Jaco Mans, Francois Viljoen, Lucinda Neethling

 

29 November 2019, 20:00 – 22:00 – Atterburyteater