11 Desember 2019, 19:00 – 21:00

R120 – R150

Franna Benadé bring oudergewoonte die hoogtepunt van sy jaar,  Atterbury Teater toe.  Hierdie jaar is sy nuutste CD ‘ONE VOICE’, wat hy op 11 Desember 2019 in dié liefling-teater vrystel, die inspirasie vir ’n onvergeetlike, energieke en besielende aand.

Desember se luilekker-familie-saamwees lê voor!!  Vir Franna lê die familiekring baie na-aan die hart – bloedfamilie, geesfamilie, vriendekringe…  Daarom dat hy besluit het om die FAMILIE te vier. Franna nooi elkeen so: “Vandag vind jy jouself dalk buite so ’n kring – kom maak vol en word deel van ’n enorme familieviering, want ons hoef nie net die bloed in ons are in gemeen te hê om familie te wees nie…  Dalk is jy reeds deel van so ’n familie, kom dan net en ‘celebrate’.”

Wanneer ons EEN stem hoor, wanneer ons gesinne EEN stem hoor, wanneer ’n verdrukte EEN stem hoor, en daarop reageer – dan is daar veiligheid, dan is daar vooruitgang, dan volg die deurbrake.

One Voice sal praat tot diep in jou siel.

Kunstenaars: Franna Benadé

11 Desember 2019, 19:00 – 21:00 – Atterburyteater