30 Augustus 2018, 19:30 – 21:30

R180 – R220

Franna Benadé bring sy musiekkonsert ‘Emmers vol note’ op 30 Augustus 2018 na die Atterbury Teater in Pretoria.

Sy blymoedigheid is aansteeklik en sy kenmerkende skaterlag lig enige swaar gemoed op om saam te lag. ‘Daar is immers emmers vol om oor dankbaar en bly te wees”, glo Franna ruiterlik. ‘Emmers vol note’ weerspieël juis hierdie uitkyk op die lewe en beloof om in jou hart rond te woel en jou talle redes te gee om uitbundig saam te lag of dalk met diep dankbaarheid ’n traan af te vee.

Franna is ’n Nylstromer en Bosvelder in murg en been. Dis hier waar hy en sy sangmaatbroer, Innes hul eerste lig aanskou het en ook saam in die tagtigerjare hul musiekloopbaan as “Innes en Franna” begin bou het. Dit was vir Franna ’n onvergeetlike aantal jare. Vandag bly hy en sy gesin steeds buite Nylstroom en hy sing steeds reg oor die land, waarvan Atterbury Teater een van die hoogtepunte is.

Franna het gekies om te lewe, en hy het gekies om te sing!! Maak gereed vir ’n onvergeetlike, energieke en besielende aand saam met hom en sy orkes.

30 Augustus 2018, 19:30 – 21:30 Atterburyteater