28 Augustus 2019, 18:00 – 22:00

R80

Die Fees van A Capella is ’n viering van groepsang wat aangebied word deur Pretoria FM en Three L. Ons wil dié kunsvorm promoveer met ons jaarlikse kompetisie by die Atterbury Teater.

Verskeie groepe kompeteer vir ons unieke trofee wat oorhandig gaan word deur Suid-Afrikaanse kunstenaars en musikante wat die aand gaan bywoon. Die eenvoudige beoordelaars-state sorg vir ’n ware en rou verteenwoordiging van wat serenade is…dit dra ook by tot ’n veel meer genotvolle aand! Kom geniet saam die kompetisie op die 28ste Augustus vanjaar by die Atterbury Teater.

Hou ook die pers dop vir die aankondiging van ons Fees Bier wat voor en tydens die vertoning verkoop gaan word!

28 Augustus 2019, 18:00 – 22:00 Atterburyteater