Baie geluk Maritza!
Sy is die derde wenner in VivA se 2015-skolekompetisie vir haar inskrywing: Hy beweeg teen ’n “stinkspoed”! Maritza Jacobs, is ‘n Graad 11 leerling by CURRO Heuwelkruin.

HyBeweegTeenNStinkspoedOns beoordelaar, Diek Grobler, skryf soos volg oor dié inskrywing:

Daar is dikwels inherente humor aan ‘n spreekwoord. Maritza maak daarvan gebruik deur die spreekwoord op sy kop te draai en die klem in haar uitbeelding op ‘stink’ in plaas van ‘spoed’ te plaas. (‘n Miskruier kan weliswaar wel letterlik teen ‘n stinkspoed met sy misbolletjie beweeg.) Dit is onverwags en grappig, en volgens my het sy die spreekwoord deeglik ondersoek. Die kunswerk is ook treffend, sterk en eenvoudig. Die uitleg en ontwerp kan doen met ʼn bietjie skaafwerk (lettertipe, spasiëring, ens.), maar oor die algemeen is hierdie die suksesvolste inskrywing van die week.

Met hierdie inskrywing wen sy:
ʼn Naweek by een van die ATKV se selfsorgvakansieoorde van haar keuse vir vier mense ter waarde van R 5 000!

WennerMaritzaJacobs