20 Februarie 2019, 20:00 – 21:30
21 Februarie 2019, 20:00 – 21:30
22 Februarie 2019, 20:00 – 21:30
23 Februarie 2019, 20:00 – 21:30
24 Februarie 2019, 16:00 – 17:30

R160 – R180

Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se verjaarsdag geskenk aan haar. Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? ‘n Bord sushi sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy’s bang vir vlieg.

 

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. Want hier sit hulle nou. Die vlug is vertraag en sy’s hoog op kalmeerpille. Bianca is vas oortuig sy’t hulle verlore ma gesien. Anel praat met ‘n aantreklik man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Absolute stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. Sy mag dit nie dink nie, maar…. sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.

 

Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? Drie susters is ʼn  dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam.

 

Borge wat die produksie moontlik maak:

HIEMSTRA TRUST; KWV; CLEMENGOLD, VISION INSURANCE, HANNON

MEDIABORG: SARIE

 

20 Februarie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
21 Februarie 2019, 20:00 – 21:30 
Atterburyteater
22 Februarie 2019, 20:00 – 21:30
 Atterburyteater
23 Februarie 2019, 20:00 – 21:30 
Atterburyteater
24 Februarie 2019, 16:00 – 17:30 Atterburyteater