4 November 2018, 12:00 – 13:30

R100

Filmmaker (Jokan)Adam Heyns het onlangs van ’n woonstel op die grens van Hillbrow getrek na die middestad van Kaapstad. Hy kom uit ’n bevoorregte huis in Pretoria. Sy leefwêreld wissel tussen die geroesemoes van swart kroeë in die omgewing waar hy in Johannesburg gewoon het en die kosmopolitaansheid van Kaapstad. Hoort hy hier of in Greenside, of in Rondebosch, of soos sy neefs, in ’n ander land?

Sy ouma in ’n aftreeoord in Pretoria gee hom ’n boks vol VHS bande. Familievideos, flikkerende beelde van sy oupa wat met sy kleinkinders speel op die grasperk by sy huis in Waterkloof. Ook ’n video van Geloftedag in 1988. Sy oupa, Johan Adam Heyns, leier van die NG Kerk, praat by die Voortrekkermonument.waar lede van die gehoor in tradisionele voortrekkerdrag, was. Daar was ook abinetministers. Teenwoordig. Hy sê o.a. ook op TV, Apartheid moet tot ’n einde kom. Hy sien ook sy oupa op TV programme waar hy sê wat nodig is, is ’n verandering van die hart. Die groot gevaar is dat die regtervleuel die wapen sal opneem.

Daar is nuusberigte van November 1994 toe sy oupa by sy huis deur ’n skerpskutter in die kop geskiet is in sy huis in Pdretoria terwyl hy met sy kleinkinders speel. Nelson Mandela en die politieke leiers van die tyd wat hulle skok uitspreek.

Exorcist of Apartheid is nie ’n “who dunnit” nie, maar ’n poging van Adam om sy oupa en sy tyd, maar ook die tyd waarin ons nou leef, te verstaan. Wat is die rol van Afrikaners in Afrika? En het die bewakers van die Afrikanerkultuur ons die volle storie van wie ons is vertel? Behoort ons onsself te sien as die kinders van Verwoerd, of is daar ander dele van ons geskiedenis waarop dit moontlik is om ’n toekoms te bou?

Adam het die 20 minute kortfilm gemaak saam met sy vriend Willem van den Heever en sy pa Christof Heyns. By vertonings in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria was gehore verras en ontroer, en het die gesprekke deur mense van alle groepe in die land tot laat in die nag aangegaan.

TV persoonlikheid Kabous Meiring sal na die merkwaardige dokumentêre film vertoon is, ’n bepreking lei met ’n paneel bestaande uit Wilhelm Jordaan (Sielkundige en vriend); Piet Meiring (kollega en lid van die TRC) en Murray Hofmeyr (oud-student).

 

Sien ook die lokprent op: https://www.youtube.com/watch?v=0-lh1jQuRo8.

Kunstenaar: Kabous Meiring.

4 November 2018, 12:00 – 13:30 Atterburyteater