11 September 2018, 20:00 – 22:00

R160

Douvoordag, wat bestaan uit Ilse en Jattie de Beer, stel hul debuutalbum Die Avontuur eksklusief bekend op 11 Sep by Atterbury teater, maar musiekliefhebbers sal reeds hul unieke klank ken. “Uitsig” en “Desembers” was op verskeie radiostasies se treffer parades die afgelope paar jaar en hierdie 2 enkelsnitte asook “Hande vat” en “Skrapnel” was ingesluit op die Afrikaans is Groot en In Afrikaans versamel albums vanaf 2015. “Manifes” is Douvoordag se nuutste enkelsnit wat tans op radiostasies gehoor kan word.

Ilse en Jattie sing al sedert 2008 saam en was al meer as 200 keer saam op ‘n verhoog. Albei kom uit musikale families, en sing sedert hul skooldae. Jattie is die kreatiewe brein agter Douvoordag en meeste van die groep se lirieke en melodieë kom uit sy pen. Die liedjies reflekteer iets van die De Beers se lewens en lewensuitkyk. “Die liedjies is skilderye van die interne ontdekkings en mooi oomblikke langs ons persoonlike pad, en sommige is geskryf om ons te bemoedig en herinner aan hoekom ons hierdie avontuur gekies het,” sê Ilse. Die Avontuur het vier jaar se harde werk geverg, maar gaan beslis sorg vir iets vars en nuut in Afrikaans. “Hierdie album is die storie van my en Ilse se persoonlike avontuur. Maar dis ook die storie van elke hart wat smag daarna om ʼn impak te maak op die wêreld en te lewe vir meer as net eiebelang,” vertel Jattie.

Kom beleef die eksklusiewe album vrystelling van die vars, nuwe Afrikaanse klanke van Douvoordag saam met n vol orkes en ‘n paar ander verrassings!

 

11 September 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater