10 Mei 2019, 20:00 – 21:00
11 Mei 2019, 20:00 – 21:00
12 Mei 2019, 16:00 – 17:00

R160 – R180

Kyk… as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge… Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit Borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n Vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit – is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir ’n oomblik stop. Wat gebeur dan?

Marion en Margit was laas saam te sien in ’n “two hander” in die produksie Jong Dames Dinamiet van Hennie van Greunen in 2003. Na jare se dreig om weer ’n produksie saam aan te pak, is dit nou sulke tyd.

Die produksie wod ondersteun deur Nati; LW Hiemstra Trust, Clemengold en Tygervallei Winkelsentrum.

Ouderdomsbeperking van 10 jaar.

Kunstenaars: Marion Holm en Margit Meyer Rödenbeck

 

10 Mei 2019, 20:00 – 21:00 Atterburyteater
11 Mei 2019, 20:00 – 21:00
 Atterburyteater
12 Mei 2019, 16:00 – 17:00
 Atterburyteater