31 Augustus 2018, 19:00 – 20:30

R150 – R170

Daniel Conradie staan op die vooraand daarvan om ’n lewenslange droom te vervul – om Musiek Teater by die New York Film Academy in New York City te studeer. Hy vertrek in September na New York waar hy onder andere deur bekende Broadway kunstenaars en regisseurs opgelei sal word.

Daniel het die musikante en musiekonderwysers wat ’n impak op sy loopbaan gehad het genooi om vir een aand saam met hom in die Atterbury teater op te tree in sy produksie Come Fly with Me. By wyse van die konsert wil Danie almal wat ’n invloed op sy lewe gehad het eer en wil hul gesamentlike liefde vir musiek vier.

Die program vir die aand sluit musical treffers soos Tomorrow uit Annie, Stars uit Les Misérables en Anthem uit Chess in. Bekende pop melodiee soos Candle in the Wind en Goodbye Yellow Brick Road van Sir Elton John sowel as Afrikaanse gunstelinge soos Lisa se Klavier en Hotgates van Laurika Rauch sal ook opgetree word.

Dit beloof om ’n aand te wees waarin wonderlike herinneringe van die Jakaranda Kinderkoor, Waterkloof House Prep School, St Albans College en die Universiteit van Pretoria herleef gaan word.

Bo en behalwe ander bekende Pretoria kunstenaars wat deel van die program sal wees, gaan Daniel se heel eerste sang onderwyseres, Patti van der Ploeg, saam met hom optree.

Koop ’n kaartjie en Come Fly with me om ‘n wonderlike aand van vervulling van drome mee te maak.

31 Augustus 2018, 19:00 – 20:30 Atterburyteater