5 Augustus 2018, 16:00 – 17:30

R160 – R180

In SOLO neem Danie Niehaus jou op ’n onvergeetlike reis deur sy lewe, deur tyd … met musiek van lank gelede tot nou en hy reis ook met gemak deur verskeie tale en genres!

Die oorspronklike musiek, besing die emosie van liefde en is die pennevrug van meer as 35 jaar in die musiekbedryf, wat ook musiek insluit soos sy nuwe treffer “Parys in die somer” van sy nuutste album,  “Meesters van die Kuns” en Danie se ikoniese en mees bekende “Jy is vrou”.

Die program neem die gehoor op ’n musikale reis deur ballades, ligte rock- en ligte klassieke musiek met vertellings – soms komies – oor die ontstaan van al die liedjies – dié uit sy eie pen, maar ook die ou bekende musiek waarmee hy grootgeword het en wat hom geïnspireer het oor die jare om musiek te skryf en te sing.  Jy kan saam met Danie lekker lag, heerlik terugdink en sommer goed nostalgies raak!

Reis is altyd beter saam met ’n goeie reisgenoot en Danie Niehaus nooi jou om vir hierdie een vertoning, saam met hom op ’n reis te gaan! Moet nie hierdie fantastiese uitstappie misloop nie!

5 Augustus 2018, 16:00 – 17:30 Atterburyteater