28 September, 20:00 – 21:30

R170

Die ding van ’n liedjie herbesoek die manier waarop folk, country en popmusiek van verskillende eras ons as Suid-Afrikaners se skryfstyl en denkwyses beïnvloed het. Dié musikante wys hul vermoë om te komponeer én hul diverse talent met stemme en verskillende style en genres musiek.

Danie Niehaus is al langer as 30 jaar in die musiekbedryf en is bekend vir sy uitsonderlike skryfstyl en sy manier om met woorde om te gaan. Pietman Geldenhuys is bekend as TV-aanbieder en ook vir sy talent om stories te vertel en liedjies te skryf in sowel Afrikaans as Engels. Hierdie twee kunstenaars, uit verskillende generasies, het besluit om hul talente en musiek saam te voeg vroeër vanjaar toe hulle met hierdie vertoning by die KKNK 2017 gedebuteer het. Na die groot sukses by die KKNK vanjaar met 3 uitverkoopte vertonings, is dit vir hulle ’n voorreg om hierdie vertoning aan te bied by die Atterbury Teater.

Kom deel in ‘n unieke musikale reis!

 

28 September, 20:00 – 21:30 Atterburyteater