15 November 2019, 19:00 – 22:00

R150 – R220

Hierdie vertoning het begin in 2016 en was ’n ernorme sukses vir die deelnemers sowel as die gehoor. Na ’n reuse vertoning in 2018, is hulle baie opgewonde en wil graag nuwe hoogtes bereik op die verhoog van die Atterbury Teater.

Hierdie jaar is die tema,” Musicals” en gaan groter as ooit wees met meer Danse, meer effekte, meer pret, meer pryse en baie “pizzazz”! Die beoordeelaars is drie glanspersoonlikhede van die Suid Afrikaanse Dans wêreld en sluit in talentvolle amateurs asook professionele dansers van die Dance Equation Studio. Hulle ondersteun ook CANSA.

As jy lief is vir Ballroom en Latin American Dans, musiek van die groot Musicals of net lus is vir ’n heerlike aand uit, moet jy dit beslis bywoon! Ingesluit by die kaartjieprys is ’n ongelooflike “goodie bag” ter waarde van R1,300 en daar gaan ook besondere pryse getrek word gedurende die aand.

 

15 November 2019, 19:00 – 22:00 – Atterburyteater