13 April 2019, 20:00 – 21:30

R140 – R240

Charl du Plessis keer terug na die Atterbury Teater met sy eerste solo klavier optrede: Impromptu. Sedert sy professionele debuut presies 20 jaar gelede gelede het Charl saam met sangers opgetree, sy eie trio saamgestel en as solis saam met verskeie orkeste hier en in die buiteland opgetree. Solo klavier bly egter sy eerste liefde en die musiek in Impromptu gaan anders wees as enige iets wat hy al vantevore op die verhoog aangebied het. Vasgevang in die wêreld tussen klassieke musiek en jazz,pop en blues, gaan hy die die onontginde gebied van sy eie komposisies, improvisasies en herinneringe verken.

Die stempel van jare se klassieke musiek en klanke van populêre musiek smelt saam tot iets uniek vir hierdie gevestigde Steinway Kunstenaar. Kom geniet 90min van suiwer genot saam met hierdie brijante kunstenaar.

 

13 April 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater