13 November 2019, 20:00 – 21:30

R140 – R160

Die Republiek van Suid Afrika verwelkom met trots tuis, Benny Bushwhacker, die befaamde natuurbewaarder, omgewingskundige, die enigste man wat al driekeer kaalvoet deur die lengte van Afrika geloop het. Dié legend keer terug om met ons te deel wat dit verg om in die Afrika bos te oorleef.

Die gemoedelike Benny Bushwacker wat in Suid Afrika gebore is en onlangs koppe gestamp het met die Britse “survivalist”, Bear Grylls gaan op ’n toer na Suid Afrikaanse teater en feeste, met ’n skreeusnaakse kyk na die botsing tussen die mens en omgewing. Vir iemand wat meer tyd as ’n hibernerende Poolse hout padda weg van die daaglikse gewoel hier deurgebring het, sorg hy vir menslike en heerlike humor by sy optredes wat almal sal laat skaterlag en wonder hoekom die skaarste menslike eienskap, as dit by die bos kom, “common sense” is.

Of dit nou gaan oor die verandering van die Springbok emblem, hoe ’n liegbek in die Kruger raak te sien, of die geringe kans vir sy vervreemde vrou, Brenda, om die plek van die Buffel in die Groot Vyf oor te neem, slaag hy elke keer met sy unieke humorsin en klassieke boslogika kwinkslae.

Gedurende sy Suid Sfrikaanse toer gaan hy geld insamel vir vir die Lebombo Leopard- Human Conflict Survey.

Benny se stories en ondervindings is deur John van de Ruit (van Spud faam) beskryf en van die skrif na die verhoog verplaas deur Janice Honeyman. Bespreek betyds vir 13 November by die Atterbury Teater en kom deel in hierdie wonderlike blik na “life on the wild side” want soos met die renoster, weet mens nooit of jy weer die kans sal kry om dit te sien nie.

 

13 November 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater