9 Oktober 2018, 20:00 – 21:00

R180

Die legendariese komediant, Barry Hilton tree op 9 Okt. by die Atterbury teater op voor hy na die Hong Kong International Comedy Festival vertrek. Hierdie is suiwer komedie, dis net snaaks, nie vulgêr, geniepsig of persoonlike aanvalle nie, maar slegs ’n unieke en vermaaklike manier van kyk na die saakse en fassinerende aspekte wat die  Suid Afrikaanse gemeenskap uniek maak.

Hy kan met slegs ’n gesiguitgrukking en liggaamshouding ’n kameelperd, ’n hond of enige dier word. Hy is met reg bekroon met ’n “Lifetime Achievement Award” by die South African Comic’s Choice Awards.

Kom geniet ’n aand van lekker lag en ontspan met een van die beste komediante, nie net in Suid Afrika nie, maar ook  in die wêreld.

9 Oktober 2018, 20:00 – 21:00 Atterburyteater