22 Oktober 2018, 18:30 – 20:30
23 Oktober 2018, 08:00 – 18:30
24 Oktober 2018, 08:00 – 18:30
25 Oktober 2018, 13:00 – 18:30
26 Oktober 2018, 19:00 – 22:30

TBC

Vanjaar vanaf 22 – 26 Oktober vind die 8ste Attebury Nasionale Klavierkompetisie plaas in die Atterbury Teater, Lynnwoodbridge. Nadat oudisies gedoen is deur middel van ’n dvd opname, is daar 41 suksesvolle kandidate gekeur om aan die kompetisie deel te neem, van so ver as Kwazulu Natal, Vrystaat en Stellenbosch. Daar het heelwat nuwelinge ingeskryf, wat nog nooit van te vore aan die kompetisie deelgeneem het nie. Die amptelike opening vind plaas Maandagaand 22 Oktober om 18h30. Die algehele wenner van 2017, Louis Nel, sal die verrigtinge open met ’n kort program. Daarna sal die wenners van die Stefans Grové Komposisie Kompetisie van 2018 aangekondig word, en die werke van die wenners sal voorgedra word. Om die aand af te sluit sal die 2018 deelnemers op die verhoog aan die publiek voorgestel word.

Rondte 1 en 2 vind plaas Dinsdag 23 en Woensdag 24 Oktober, vanaf 08h00 to 18h30, en alle kandidate neem deel aan hierdie rondtes. Woensdag aand die 24ste word die 18 semi-finaliste aangekondig, en hierdie 3de rondte vind plaas Donderdag 25 Oktober vanaf 13h00 to 18h00. Die eerste drie rondtes is gratis toeganklik vir die publiek sonder vooraf bespreking. Die 9 finaliste word Donderdag aand aangekondig, en die kompetisie sluit af met die gala rondte Vrydag aand die 26ste om 19h00. Kaartjies hiervoor is beskibaar by Computicket. Vir die finale rondte word daar 3 finaliste uit elke ouderdomsgroep aangewys, en hulle sal elkeen 2 werke voordra. Die beoordelaars van vanjaar se kompetisie is Dr Erika Bothma, Dr Tessa Rhoodie, en Prof Hubert van der Spuy.

22 Oktober 2018, 18:30 – 20:30 Atterburyteater
23 Oktober 2018, 08:00 – 18:30
Atterburyteater
24 Oktober 2018, 08:00 – 18:30
Atterburyteater
25 Oktober 2018, 13:00 – 18:30
Atterburyteater
26 Oktober 2018, 19:00 – 22:30
Atterburyteater