20 Februarie 2020, 20:00 – 21:30

R175

André se nuwe CD “Pura Vida – Simple Life” word op Donderdag 20 Februarie bekendgestel. Die idee was om ’n album te skep wat sy rol as “sanger-liedjieskrywer” beklemtoon. Die produksie is gestroop en in lyn met die kunstenaar se ongeaffekteerde, individualistiese leefwyse. Die lirieke van elke snit is deurdag en die musiek in harmonie daarmee.

Benewens sy eie komposisies sing hy ook ’n paar goue-oues van Peter Sarstedt, Cat Stevens en Jerry Jeff Walker.

André se seun Emile (kitaar) en die blues-musikant Craig MacKinnonn (bekfluit) sluit by hom aan op die verhoog.

Kunstenaars: André Swiegers, Emile Swiegers & Craig MacKinnon

 

20 Februarie 2020, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater