5 Junie 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Die bekroonde sangeres, skrywer en aktrise Amanda Strydom is vanjaar vereer deur Kunste Onbeperk vir haar lewensbydrae tot musiek. In Februarie het sy die Fiësta toekenning gewen vir haar produksie “Stadig oor die Klippers”. Sy is vanjaar veertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Sy vier dit deur die gehoor op ’n musikale reis vol stories en musiek te neem – van haar beginjaar in 1979 tot die hede. Sy word begelei deur haar briljante pianis, Coenraad Rall.

Kunstenaars: Amanda Strydom en Coenraad Rall

 

5 Junie 2019, 20:00 – 21:30 Atterburyteater