30 Augustus 2019, 17:00 – 22:00

R70

Aardklop Pronk Podium, ’n tienertoneelprojek wat vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied word, se semi-finale uitdunrondtes sal op 30 Augustus by die Atterbury Teater plaasvind.

Aanvanklike uitdunne vind by drie weeklange toneelfeeste plaas waar van die beste skole in die noorde van die land teen mekaar kompeteer.

Uitdunne vind plaas by Eldo-, Noordheuwel en Helpmekaar Toneelfeeste. Uit die drie toneelfeeste word ’n top ses-groep word gekies wat in die semi-finale rondte by die Atterbury Teater sal deelneem. Die drie beste produksies word hier aangekondig en kry die geleentheid om by Aardklop Nasionale Kunstefees op te tree.

Behalwe die drie skoleproduksies kry drie studenteproduksies van die NWU Potchefstroomkampus ook die geleentheid om by Aardklop op te tree.

Aardklop se feesbestuurder, Alexa Strachan, sê dat hierdie projek veral vir die fees belangrik is omdat dit in jong talent belê, broodnodige platforms skep en ook ’n reuse rol speel in die ontwikkeling van die teatergehore van more.

30 Augustus 2019, 17:00 – 22:00 Atterburyteater