5 Maart 2018, 19:00 – 21:30

R200

Op 5 Maart, 2018 bied Johan Conradie weer by die Atterbury Teater ’n uiters visuele en informatiewe voorlegging aan oor die hoogtepunte van die 57ste Venisië Biënnale. Conradie, ’n bekende kunstenaar, kurator en akademiese kuns-kenner van Pretoria, het die afgelope 7 van hierdie gesogte kuns-gebeurtenisse bygewoon. Die doel van die aanbieding is om aan almal in die Gauteng-omgewing die spesiale geleentheid te bied om deur Conradie se toeganklike benadering en deeglike kennis van Visuele Kuns, iets hiervan te ervaar.

Christine Macel, direkteur van die Pompidou Centre in Parys, was die kurator van die hoof-uitstalling wat plaasgevind het in die Giardini en Arsenale. Sowat 120 kunstenaars van regoor die wêreld het deel gevorm van die hoof-uitstalling. Saam met dit, is 85 lande verteenwoordig in onderskeie paviljoene, asook 23 spesiale uitstallings wat versprei was reg oor Venesië in paleise en kerke, wat groot hoogtepunte gebied het.

Conradie het die uitstallings van die Biennale gedokumenteer oor ’n tydperk van 9 dae en beoog om op 5 Maart (op ’n reuse skerm in Atterbury Teater) baie van die video en foto-materiaal te projekteer, saam met ’n indiepte agtergrond bespreking van elke kunstenaar. Vir hierdie rede is die lesing absoluut noodsaaklik vir alle kuns-liefhebbers, kuns-studente, kunstenaars en kuns-lektore.

Die aanbieding sal in Engels plaasvind. Bespreek betyds by Computicket.

5 Maart 2018, 19:00 – 21:30 Atterburyteater