21 November 2019, 20:00 – 21:30
22 November 2019, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. ’n Bord sushi sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy’s bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. So hier sit hulle nou. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? Drie susters is ʼn  dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam.

Kunstenaars: Lizz Meiring; Margit Meyer-Rödenbeck & Nicole Holm

 

21 November 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
22 November 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater