Ons tweede laaste Kaas- en Wynaand vind plaas op 15 Augustus om 19:00 met Bartinney Wyne.
“Bartinney is geleë op die dramatiese helling van Botmaskop langs die Helshoogte Pas wat oor die prentjiemooi Banhoek Vallei in Stellenbosch uitkyk. Dit is in 1912 gestig en is al sedert 1953 in die besit van die Jordaangesin. Nou sien Michael en Rose Jordaan om na die 28 hektaar plaas met ‘n visie om uitstekende wyne te skep en om die sjarme van die historiese land weer aan te wakker.
Die gevleuelde figuur wat op elke bottel verskyn word “Elevage” genoem  en simboliseer die Franse kuns van die selektiewe ryp word en die styg van ‘n wyn tot sy fundamentele hoogtes, sy mees adellike eienskappe ontplooi. Hierdie idee is in die kunstige ambag verpersoonlik en word in tradisionele, saggeaarde metodes uitgevoer in die produksie van die vrug en Bartinney wyn.
Ons sien uit om weer ‘n groot groep te onthaal met vele vermaak!
Nooi jou vriende en kollegas en kom geniet die aand met ons.
Kaartjies: R100 pp of R160 per paartjie.

Besprekings: Slegs kontant of EFT by Atterbury Teater

Besprekings: [email protected] of 012 471 1700