30 Julie 2018, 19:00 – 21:00

R180

Bekende konsertpianis, Willem de Beer is eersdaags op pad na die VSA om ’n Meester’s graad in Uitvoerende Kuns te studeer. Willem se vlug vertrek vroeg in Augustus, maar vir slegs een vertoning, word Willem vir oulaas deur van sy naaste vriende op die verhoog vergesel om vir ’n laaste keer weer saam musiek te maak. Alhoewel Willem hul as vriende reken, is elkeen van die musikante bekend in eie reg. Willem word deur die loop van die aand bygestaan deur die befaamde konsertpianiste Dr Bryan Wallick en Prof Wessel van Wyk, die klarinetspeler Lizet Smith, die sopraan Melissa Gerber, bariton Lourens de Jager, Trompetspeler Richard Kingon en die sangeres en liedjie skrywer, Yolandi. Die aand se vloei word soomloos verweef deur die seremoniemeester, Simon Philips.
Deur middel van hierdie konsert, hoop Willem om eerstens, almal te eer wat sy musikale groei beïnvloed het, en tweedens, om vir ’n laaste keer saam met hierdie invloedryke vriende musiek te maak voor die groot trek. Die program vir die aand beloof ’n geurige potpourri van klassieke gewildes, minder bekendes, en hier-en-daar ’n gunsteling populêre treffer. Die musiek van byvoorbeeld, Louis Armstrong en Benny Andersson, sal tussen die werke van komponiste soos Schubert, Mozart, Czerny en Rachmaninoff te hore wees.
Kom sluit asseblief by ons aan vir hierdie unieke, afskeids-verskeidenheidskonsert waartydens van Pretoria, en Suid-Afrika, se beste musici te hore is.

30 Julie 2018, 19:00 – 21:00 Atterburyteater