8 Junie, 22:00 – 22:00

R150 – R180

Die romantiese kombinasie van, Pieter West & Dewald von Solms in lewende lywe op die Atterbury Teater se verhoog, op 8 Junie 2017 om 20h00. Die debuut album is deur Suid Afrika se eie Christa Steyn verwerk en is ook opgedra aan Christa. Na haar stryd met borskanker het die twee manne besluit om CANSA te ondersteun om sodoende ander musikante met kanker te kan bystaan deur CANSA. VonWest word beskou as Suid Afrika se eie Pavarotti en Bryan Adams.

VonWest is ’n sangpaar wat hul liefde vir musiek en sang gebruik om hulde te bring aan Christa Steyn en ander groot afrikaanse liedjieskrywers en musikante en hul optredes is gewild tydens enige funksie, formeel of selfs baie informeel.

VonWest is baie opgewonde om in samewerking met Die Atterbury Trust en Atterbury Teater hul produksie “In Remissie” vir hul debuut optrede op die Atterbury Teater verhoog aan te bied, ten bate van CANSA. Die Magaliesbergse Kinderkoor wat al talle internasionale pryse gewen het en ook pas ’n geslaagde toer na Europa saam met Dewald gedoen het, sal ’n voorprogram doen en selfs n optrede saam met Dewald en VonWest doen. ’n Aand van goeie musiek vir ’n baie goeie doel is inderdaad ’n goeie manier om Donderdag 8 Junie 2017 deur te bring. Bespreek dadelik om teleurstelling te voorkom. Kaartjies is R180 en R150 onderskydelik verkrygbaar by Computicket.

Atterburyteater