11 Februarie, 20:00 – 21:00

R140 – R160

Pierre som sy solostuk op:

“ ’n Ge-oliede ou akteur loop op die verhoog en begin speel aan die openingstoneel van die klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef…hy’s alleen, daar is nie ander spelers nie! Hy besluit dat hy die vertoning nogtans gaan doen, op sy eie. Aanvanklik hanteer hy alles heel goed, maar soos die snaakse situasies van die oorspronklike toneelstuk, en die spanning om alles alléén te doen, op hom inwerk, begin hy al hoe meer drink. Hy kry selfs ’n bottel Handy Andy beet. Na ’n ruk kom hy in sy benewedheit alles en almal by met kwinkslae wat hy wyd en syd uit sy beskonke brein opdiep”.?

Atterburyteater