Baie geluk David Augustyn!
Hy is die vierde wenner in VivA se 2015-skolekompetisie met sy inskrywing: Van ‘n padda vere probeer pluk. Hy is ’n graad 11-leerling by Hoërskool Stellenberg in die Kaap,
Beoordelaar, Diek Grobler, motiveer soos volg:
vierDie visuele beeld is interessant en mooi uitgevoer. Ek hou van die beperkte kleurpalet. Die prent werk ook goed om die spreekwoord uit te beeld. Van ʼn padda vere probeer pluk is sonder twyfel die week se sterkste inskrywing. (Ek sou egter ʼn ander lettertipe voorstel.) ‘n Foto van die weninskrywing is hierby aangeheg.
Hy wen ‘n splinternuwe HAT6-woordeboek en ‘n Samsung GALAXY TAB 3 Lite ter waarde van R 3 500 met trots geborg deur Atterbury Trust en Pearson.