Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) wat onder andere deur sy webwerf en app gratis toegang tot woordeboeke bied, het sy databasis onlangs beduidend uitgebrei. Dit beteken dat die databasis met bykans 400 000 inskrywings vergroot is.

Gebruikers kry, benewens die 17 woordeboeke wat reeds op dié platforms beskikbaar is, nou ook gratis toegang tot die volgende bronne:

  • Drietalige Wynindustriewoordeboek (Suid-Afrikaanse Wynbedryf-Inligting & -Stelsels (SAWIS) en die Netwerk van Kundigheid en Tegnologie vir die Wynbedryf (Winetech))
  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans (GJ van Wyk, red.)
  • Fisikawoordeboek (Vaktaalburo, SAAWK)
  • Afrikaanse voëlname, opgestel deur die Afrikaanse Voëlnaamgroep van BirdLifeSA
  • Paramediese Vakwoordeboek (Vaktaalburo, SAAWK)
  • Sciwoord (Chemiewoordeboek)
  • Statistiekwoordeboek (HS Schoeman)
  • Sterrekundewoordeboek (JH de Klerk, red.)
  • Woordeboek van nuttige Afrikaanse kombinasies (Kollokasiewoordeboek) (AN Otto)

Afgesien van hierdie bronne het die Departement van Kuns en Kultuur goedgunstiglik ingestem om hulle meertalige terminologielyste, wat oor baie jare deur vak- en taalkundiges opgestel en gestandaardiseer is, aan VivA beskikbaar te stel. Die lyste dek die volgende velde:

  • Inligtings- en Kommunikasietegnologie
  • Kuns en Kultuur Intermediêre Fase
  • Lewensoriëntering Intermediêre Fase
  • MIV/

Die beskikbaarstelling van hierdie woordeboeke op VivA se webwerf (www.viva-afrikaans.org) en aanlyn app (VivA-app Aanlyn) doen nie net die leuse “Afrikaans Digitaal” gestand nie, maar plaas keurige Afrikaans binne die bereik van Jan en Alleman. Gebruikers wat nie antwoorde op taalvrae in die databasis kan opspoor nie, kan sulke navrae via die webwerf aan VivA se taaladviseur rig.

Die HAT en WAT is natuurlik ook steeds via hierdie woordeboekportaal beskikbaar. Gebruikers wat toegang tot ons betaalwoordeboeke wil kry, kan VivA+-lidmaatskap bekom.
Gebruikers wat meer oor VivA en sy dienste te wete wil kom, kan aanteken by www.viva-afrikaans.org of met ons projekbestuurder, Marlie Coetzee, skakel by 018 299 1020 of by [email protected].

viva-afrikaans.org